‘n Studie oor hoe die wêreld gaan eindig. Jesus het deur Sy Woord vir ons rigtingwysers gegee om ons te wys wat plaas gaan vind en hoe ons onsself kan voorberei. Stap saam met Leraar Basson die pad en volg die rigtingwysers om veilig by Jesus uit te kom. Leer om dwaallering te vermy en waarheid aan te neem.

Die Finale Gebeure

Leraar Roedolf Basson

Sedaven Kampvergadering 2024

Is jy gereed?

Plek: Sedaven Kampterein
Sprekers: Leraar Gideon Reineke, Leraar Christian Martin, Dr Gerhard van Wyk, en Dr Emile van Wyk.

Argëoloog en teoloog, Leraar Francois du Plessis, neem ons op reis deur die lewe van Jesus Christus. Ontdek die Meester van die heelal, wat Sy troon en Sy huis verlaat het om te kom sterf vir ons aan die Kruis. Leraar Francois du Plessis beskik oor diep argëologiese en Bybelse kennis - luister en ontdek nuwe dieptes in God se Woord.

Deur Sy Wonde

Lr Francois du Plessis

Hierdie wêreld staan op die rantjie van totale chaos. U wonder waarheen dit als snel. Is daar 'n goeie einde aan hierdie stryd of beoog dit om op 'n ramp uit te loop? Leraar Morné Furstenburg reis deur die profesieë van die Bybel en beantwoord hierdie vrae in die sewe episode reeks - Verhale van Hoop.

Verhale van Hoop

Lr Morné Furstenburg

Die Sewe Gemeentes van Openbaring

Lr Reinhardt Botha

Die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring spreek tot ons vandag. Dit bevat nuttige inligting oor Christenskap, die Christen lewe en die kerk van vandag. Ontdek waar ons staan in die stroom van tyd deur hierdie briewe saam met Leraar Reinhardt Botha te bestudeer.

Senior Leraar: Roedolf Basson
Geleë: Wonderboom Suid, Pretoria
Preke beskikbaar in 4K video en audio

Eloffsdal Preke

Eloffsdal Advent-Sentrum

Afrikaners kan ook lekker vegan eet! Leer hoe, saam met pret sjef - Letsie Louwrens en haar mede-kok Annatjie Jacobs. Ontdek hoe om gesond te leef deur die regte bestanddele, toerusting, kookmetodes en organiese tuinbou.

Vegan jou Kombuis

Letsie Louwrens & Anni Jacobs

Wonderlike Bybelavonture vir die jongspan, dramaties vertolk in klank. Luister na die doen en late van Bybelkarakters en leer hulle stories wat selfs vandag met elke kind praat.

Kinderhoekie

Suné Jordaan

Kragtige getuienisse van hoe God in die lewens van verskeie mense werk - mense van verskillende plekke, met verskillende agtergronde, van verskillende ouderdomme en met verskillende werke. God werk met, in en deur elkeen wat Hom toelaat.

ARP Getuienisse

Leraar Werner van Wyk deel die Mosaïek van Genade met sy hartroerende boodskappe uit die Woord van God. Kleurvol, tydloos en roerend - dit is die omvang van God se genade wat harte omskep en hernu.

Mosaïek van Genade

Lr Werner van Wyk

Ervare Leraar Roedolf Basson deel koringare uit die Woord van God oor verskeie onderwerpe om ons wandel met God te versterk. Luister en leer meer oor die liefde en genade van Jesus. Vind uit hoe om die daaglikse Christen lewe aan te pak, vol vreugde!

Koringare

Lr Roedolf Basson

Leraar Robin Thorne ontgin die Skatkis Gedagtes in die Woord van God. Geestelike hulpbronne vir die uitdagings op jou pad - prakties aangebied op ‘n verstaanbare wyse.

Skatkis Gedagtes

Lr Robin Thorne

Verskeie gebedsessies wat in die ateljee van Adventiste Radio Pretoria gehou was. Luister na kragtige gebede wat gedoen is vir mense, ons land, en organisasies. Die Here wil graag met ons praat en gebed is Sy kanaal.

Gebedsessies

Wonder u hoe naby is die einde van die Wêreld?